Verdagte van ‘gyselaarsdrama’ wond glo drie polisielede en familievriend

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Verdagte (38) het Sondagoggend omstreeks 07:00 tydens ‘n gyselaarsdrama in Bedfordview glo verskeie persone geskiet en gewond terwyl hy sy vrou en kinders na bewering gevange gehou het.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo het drie polisielede op die klagte van ‘n gyselaarsdrama in Klopperpark gereageer. Met aankoms op die toneel het die verdagte nie net ‘n familievriend binne die huis gewond nie, maar ook drie polisielede.

‘n Gyselaaronderhandelaar van die polisie, sowel as ‘n taakspan, is na die toneel ontbied, waarna die verdagte al die slagoffers vrygelaat en homself aan die polisie oorgegee het.

Die verdagte is op vier aanklagte van poging tot moord, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem.

Die familievriend en drie polisielede is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand na die naaste mediese hulpsentrum geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief