‘Gesteelde’ voertuig van Oos-Kaap 14 jaar later in Mpumalanga gekry

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Wit Toyota Corolla wat gedurende Desember 2010 in Komani (Queenstown) in die Oos-Kaap as gesteel aangemeld is, is Saterdag in Mpumalanga opgespoor.

Volgens kapt. Magonseni Nkosi is ‘n man (31) in hegtenis geneem en sal vandag in die Amsterdam-landdroshof verskyn.

Die verdagte is Saterdag by die Nerston-grenspos in hegtenis geneem terwyl inspeksie op die voertuig gedoen en gevind is die VIN-nommer op die voertuig en lisensie verskil van mekaar.

Ondersoek het aangedui die voertuig was as gesteel aangemeld en die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem. Nkosi sê daar bestaan ‘n moontlikheid dat meer klagtes wat diefstal van ‘n motorvoertuig insluit, teen die verdagte bygevoeg kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief