Jamie Fine, die Kanadese sangeres, is na haar vorige besoek aan Suid-Afrika verlede jaar op pad terug met haar If Anything’s Left-toer en hierdie keer sing sy regoor Suid-Afrika, wat Kimberley, Johannesburg, Kaapstad en die Laeveld, insluit. Plekke vir die konserte in Kaapstad en Kimberley sal nog aangekondig word.
Die internasionale superster word deur On Fire Events teruggebring en ondersteuners kan hulle kaartjies vir 27 April by die Walter Sisulu- botaniese tuine, Johannesburg, koop. Kimberley kom op 30 April aan die beurt, die Laeveld in Nelspruit by die Lowveld- botaniese tuine op 1 Mei en Kaapstad op 4 Mei.
Kaartjies is by Quicket beskikbaar.
https://www.quicket.co.za/events/251889-jamie-fine-if-anythings-left-tour-johannesburg/#/
https://www.quicket.co.za/events/251902-jamie-fine-if-anythings-left-tour-kimberley/#/
https://www.quicket.co.za/events/251544-jamie-fine-if-anythings-left-tour-nelspruit/#/





