Jenny van Dyk is Protea-netbalspan se nuwe hoofafrigter

Lees ook :

Jenny van Dyk as hoofafrigter van Protea netbalspan aangewys. Foto's: Netball South Africa

SUID-AFRIKA. – SA Netbal het gister Jenny van Dyk as die nuwe hoofafrigter van die SPAR Protea-netbalspan aangekondig. Sy volg Norma Plummer op. Plummer het einde Desember 2023 uitgetree. Zanele Mdodana is as hulpafrigter aangewys.

Cecilia Molokwane, president van SA Netbal, is oortuig Van Dyk is die mees geskikte kandidaat. Van Dyk het ’n vier jaar kontrak geteken en sal die span na die 2027-netbalwêreldbekertoernooi in Australië vergesel.

Van Dyk was vroeër die afrigter van die Universiteit van Pretoria se netbalspan. Hulle het onder haar leiding verskeie kere die finale rondte in die Varsity-beker behaal. Voor haar huidige aanstelling was sy by die O/21-Proteaspan betrokke.

Volgens Van Dyk moet Suid-Afrika ’n netbalkultuur ontwikkel en voel sy geëerd om die verantwoordelikheid van die span op haar skouers te hê.

Bronne: Netball SA, SuperSport

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief