Die storie agter skrikkeljaar

Lees ook :

Elke vierde jaar is skrikkeljaar. Foto ter illustrasie: Canva

Vandag 29 Februarie 2024 is skrikkeldag. Elke vier jaar word ’n ekstra dag by die jaar gevoeg. Dit word nie net as verskoning gebruik vir vroue om mans die jawoord te vra nie; daar is ’n wetenskaplike verduideliking daaragter.

Skrikkeljaar vind plaas as gevolg van die wanbalans wat tussen ons kalenders en die aarde se omwenteling om die son is. Die aarde neem altesaam 365 dae en ses uur vir een omwenteling rondom die son. Dus kry elke vier jaar ’n ekstra dag om vir die ses uur op te maak.

Veral in Ierland bestaan die tradisie dat vroue mans op skrikkeldag vra om te trou. China vier dit met kinders wat aan hulle ouers geskenke gee. In Taiwan kook dogters ’n feesmaal vir hul ouers om hulle ’n lang en gelukkige lewe toe te wens. Amerikaners sien dit as ’n skoonmaakdag waarop hulle orde skep.

Skrikkeljaar herinner ons om by die natuur en sy prosesse aan te pas. Nie andersom nie.

Bronne: USA Today, Washington Post, National Geographic

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief