LIMPOPO. – Nelson Kabelo Sediroa (39) is Maandag vir 25 jaar,deur die Thabazimbi-streekshof tronk toe gestuur nadat hy vir die verkragting van ‘n minderjarige (14 jaar ten tyde van die misdaad) skuldig bevind is.
Volgens lt.kol. Malesela Ledwaba is die minderjarige op 11 April 2021 verkrag. ‘n Verbyganger het gesien wat gebeur en het die polisie in kennis gestel. ‘n Verkragtingsaak is geregistreer en die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.
AO Daniel Lötter van Thabazimbi-GKS is deur lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, gelukgewens met sy ondersoekwerk en die sukses waarmee die vonnis verseker is.





