Brekende Nuus
Afrikaans

Vyf AKA-moordverdagtes vandag in die hof

Die saak is uitgestel tot 6 Maart vir ‘n borgverhoor en die mans sal in aanhouding bly.

Vyf AKA-moordverdagtes vandag in die hof

fotokrediet: Facebook
Vyf AKA-moordverdagtes vandag in die hof fotokrediet: Facebook

Lees ook: Laaste verdagte in AKA-saak in hegtenis

DURBAN. – Vyf van die verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibs) Motsoane het Donderdagoggend in die Durbanse landdroshof verskyn.

Die verdagtes het hulle identiteit probeer versteek, maar is deur die staat verhoed om dit te doen.

Hulle is geïdentifiseer as Lindokuhle Thabani Mkhwanazi (30), Lindani Zenzele Ndimande (35), Siyanda Eddie Myeza (21), Mziwethemba Harvey Gwabeni (36) en Lindokuhle Lindo Ndimande (29). Die verdagtes word aangekla van sameswering om moord te pleeg, twee aanklagte van moord, vyf aanklagte van poging tot moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en onwettige besit van ammunisie.

Die saak is tot 6 Maart uitgestel vir ‘n borgverhoor. Intussen bly die mans in aanhouding.

Bronne: TimesLIVE, ECR, IOL

Lees ook: Laaste verdagte in AKA-saak in hegtenis