KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou wat Vrydag op die Trade Centre-draai in Phoenix in ‘n ongeluk was, is getraumatiseer nadat sy nog boonop besteel was.
KZN VIP Protection Services is na die toneel ontbied waar die pad vir nooddienste se veiligheid toegemaak moes word.
Na die ongeluk het persone in ‘n groenkleurige Renault Kwid by die slagoffer gestop en items van haar gesteel. Hulle het nog voordat nooddienste kon opdaag van die toneel gevlug.
Die vrou is slegs gering beseer.
Alle nooddienste was op die toneel.





