‘Vrou se keel gesny voordat man selfdood pleeg’

Lees ook :

Foto: Shereen Mathey Facebook-blad

KWAZULU-NATAL. – Shereen Mathey is op 26 Februarie dood, met haar keel gesny en verskeie steekwonde aan haar liggaam, in haar huis in Pietermaritzburg gevind.

Volgens Women For Change is sy na bewering deur Azad Ebrahim, haar lewensmaat, vermoor, voordat hy homself in ‘n ander kamer opgehang het.

Mathey was volgens die blad se plasing op sosiale media ‘n aktivis vir geslagsgebaseerde geweld en was aktief in haar gemeenskap betrokke.

Sy word deur haar drie kinders oorleef.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief