VRYSTAAT. – Madala Ntombela (68) en Sefora Ntombela (66) is vanoggend tussen 02:00 en 03:00 in hulle huis op die plaas Holfontein in die Heilbron-area oorval en beroof.
Brig. Motantsi Makhele sê die egpaar het van ‘n groep onbekende verdagtes wat hul slaapkamerdeur probeer oopmaak het, wakker geword. Die verdagtes, wat daarin kon slaag om toegang tot die slaapkamer te verkry, het die egpaar oorval. Die huis is op soek na geld geplunder en die verdagtes het met selfone, bankkaarte en ander items gevlug.
Sefora Ntombela het hulp van die polisie ontbied.
Mahleke sê die egpaar is nie ernstig beseer nie en die polisie is steeds met ondersoek op die toneel teenwoordig.
‘n Saak van huisroof is geregistreer.





