OOS-KAAP. ‘n Man (45) is Sondagoggend op ‘n misdaadtoneel in Dutywa waar sy broer se liggaam ontdek is in hegtenis geneem.
AO Majola Nkohli sê die polisie is na ‘n moordtoneel ontbied. Die liggaam van ‘n man onder ‘n kombers is langs ‘n grondpad aan die polisie uitgewys. Daar was ‘n skietwond in sy bolyf. Die identiteit van die oorledene word teruggehou tot ‘n formele identifikasieproses afgehandel is.
Nkohli sê die broer van die oorledene is op die toneel in hegtenis geneem. Sy gelisensieerde vuuwapen is gekonfiskeer en sal ballisties ondersoek word. Die rede vir die insident is nie bekend nie.
Die beskuldigde sal vandag op ‘n aanklag van moord in die Dutywa-landdroshof verskyn.





