NORTHDALE, PIETERMARITZBURG. – ‘n Skoolbus wat laerskoolleerders vervoer het, het Dinsdagmiddag in Northdale aan die brand geslaan.
Volgens Mi7 National Group kon alle leerders betyds uit die bus ontruim word. Hulle is egter steeds vir rookinaseming behandel.
Pietermaritzburg se brandbestrydingseenheid het die brand geblus. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Bronne: Mi7 National Group, Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa





