ESTCOURT, KZN. – ‘n Seun (5) is Dinsdagmiddag deur ‘n voertuig in Loskopweg naby Estcourt doodgery.
Met IPSS Medical Rescue se aankoms op die toneel is die seun dood verklaar.
Omstandighede en oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Dit sal deel van die polisieondersoek vorm.
Bonne: IPSS Medical Rescue, Arrive Alive





