Plaasaanvallers wat aanrand en verkrag, gevonnis

Lees ook :

Foto: Leonise Joubert Facebook-blad

LIMPOPO. – Christopher Mokgomutsi (42) is Vrydag in die hooggeregshof tot twee keer lewenslank en ‘n ekstra 55 jaar vir sy betrokkenheid by ‘n aanval op die plaas Draaifontein, Dendron op 3 Augustus 2022 gevonnis. Aaron Mabena (22) en Nicolus Tlou (33), nog twee beskuldigdes in die saak, is in 2021 nadat hulle skuldig gepleit het onderskeidelik tot lewenslank en ‘n ekstra 10 jaar tronk toe gestuur.

Kol. Malesela Ledwaba sê die beskuldigdes het op die betrokke datum vir Chris en Leonise Joubert aangerand tot hy bewusteloos was en haar toe onder meer verkrag.

Die beskuldigdes het ‘n jaggeweer en ‘n pistool gesteel voordat hulle met die slagoffers se bakkie van die toneel gevlug het. Hulle het by ‘n verkeersirkel buite Polokwane (Pietersburg) gestop nadat ‘n soektog deur lede van ‘n spesiale taakspan geloods is. Die beskuldigdes het op die polisie geskiet, waarna die polisie een doodgeskiet en drie in hegtenis geneem het. Die gesteelde voertuig, vuurwapens en juwele is teruggekry.

Borg was tot skuldigbevinding nie toegestaan nie.

Mabena is vir huisroof, poging tot moord en diefstal van vuurwapens gevonnis, terwyl Tlou vir verkragting, huisroof, poging tot moord en diefstal van vuurwapens gevonnis is.

Tydens die voorlopige ondersoek is bevind die beskuldigde wat deur die polisie doodgeskiet is, het ook die boer se vrou verkrag.

Mokgomutsi se saak is deur speur.AO Khomotjo Morathi van Mogwadi-polisie ondersoek tot hy gevonnis is.

Die beskuldigde is op aanklag 1 – roof met verswarende omstandighede tot 20 jaar, aanklag 2 – verkragting lewenslank, aanklag 3 – poging tot moord 10 jaar, aanklag 4 – poging tot moord 10 jaar, aanklag 5 – besit van ‘n vuurwapen 10 jaar, aanklag 6 – besit van ammunisie 5 jaar en aanklag 7 – moord (oorlede verdagte) lewenslank, gevonnis.

” The diligent work of the investigating team is highly commendable in ensuring justice is served,” sê lt.genl. Themi Hadebe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief