Die sangers Nianell en Craig Hinds het Vrydag ’n nuwe enkelsnit getiteld Rise up vrygestel.
Craig Hinds is bekend as sanger van die sanggroep Watershed. Volgens Nianell het Grammy-genomineerde Billy Lawrie gehelp om die lied te skryf. Sy het aanhangers bedank vir al die goeie terugvoer wat sy sover ontvang het.
Rise up kan op Spotify, iTunes / Apple Music en Amazon Music geluister word.
Bronne: YouTube en Facebook





