Hierdie resep gee hoender oemf. Die kombinasie van soet en sout is ’n wenner.
(Lewer 4 – 6 porsies)
BESTANDDELE:
1 kg hoender of hoenderstukke
60 ml (‘n kwartkoppie) sojasous
60 ml (‘n kwartkoppie) bruinsuiker
125 ml (‘n halwe koppie) asyn
1 liter Coke
METODE:
- Kook die hoender in die sojasous tot halfgaar.
- Voeg die suiker en asyn by en kook verder.
- Gooi die Coke oor die hoender totdat dit amper bedek is.
- Draai die hoender gereeld om en kook ongeveer 45 minute of totdat die sous taaierig word.
- Sit warm voor.
Bron: Ons kookboek – leserskringresepte, Human & Rousseau, 2004





