Ma van baba (11 mnde.) wat verkrag is, glo na vonnis aangerand, ma en seun toegesluit

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die ma (36) van die 11 mnde. babadogter wat verkrag is, is glo na vonnisoplegging op 8 Maart deur haar ma (54) en broer (21) aangerand wat in hegtenis geneem en in Atteridgeville-landdroshof verskyn het.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê na vonnisoplegging het die ma van die babadogter na haar suster se huis (schack) in Mooiplaas gegaan om haar van die vonnisoplegging in te lig. Haar kêrel en die pa van haar babadogter wat die baba verkrag het is tot twee keer lewenslank in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis. Sy het na ‘n spaza-winkel gegaan en toe sy terugkeer het haar ma glo buite haar suster se huis gesit. Haar ma het haar na bewering oor die hofsaak uitgevra en sy het geantwoord sy kon weens finansies nie hof toe gaan nie maar sy is deur die ondersoekbeampte van die saak op hoogte gehou.

Die ma het na bewering haar dogter beledig en met ‘n stok begin geslaan en gesê sy het haar gesê om die saak teen haar kêrel terug te trek. Haar broer het haar ook met ‘n oop hand in die gesig begin slaan.

Die baba se ma kon daarin slaag om weg te hardloop en het ‘n saak by die polisiestasie aangemeld. Haar ma en broer is op 9 Maart vir aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem. Die saak is tot 14 Maart vir borgaansoek uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief