Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel
CONSTANTIA. – Die polisie het verdagtes geïdentifiseer tien maande na vier Bulgaarse burgers in Constantia doodgeskiet is,
Twee vrouens en twee mans, tussen 40 en 50 jaar, is op 25 Mei 2023 in Constantia doodgeskiet. Hulle is in ’n kar gevind wat deur die hek van ’n eiendom gery het. Die polisie het gesê die rede vir die moorde is onbekend. Ses verdagtes het glo in ’n blou Hyundai en wit VW Golf GTI van die toneel gevlug .
Nou het die Wes-Kaapse polisie gesê hulle het die publiek se hulp nodig om twee verdagtes op te spoor.
Die polisiewoordvoerder het gesê twee verdagtes word gesoek. Hulle was in dieselfde VW Golf GTI wat op die moordtoneel was.
Hulle vra enigiemand met inligting moet die polisie kontak.
Bronne: IOL, Daily Voice, Daily Maverick
Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel





