Polisie soek ontvoerde vrou en verdagtes

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Die Uitenhage-speurtak is op soek na Sonam Gajjar (34) wat vanoggend omstreeks 07:50 in haar oprit in Moselstraat in Kariega deur verdagtes ontvoer is.

Kol. Priscilla Naidu sê Gajjar het by haar hek gestaan en wag vir die hek om toe te gaan toe sy deur vier verdagtes oorval is. Die venster aan die bestuurderskant is gebreek en sy is uit die voertuig gesleep. Sy is in ‘n wagtende wit Hyundai-voertuig gedruk wat met haar in die rigting van Motherwell gejaag het.

Naidu sê die polisie ondersoek die ontvoering en versoek enigiemand met inligting om speur.sers. Ricardo January by 072 217 5772 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief