Ouma in hegtenis na babas in vlak grafte gevind is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Ouma (51) is in hegtenis geneem na die liggame van twee babas wat op 8 Maart as deel van ‘n drieling gebore is, op Temba in ‘n erf in Eenheid 7 in vlak grafte gevind is. ‘n Babadogter is glo stilgebore en ‘n babaseun is na twee dae oorlede.

Brig. Brenda Muridili sê Temba-polisie het op 15 Maart op ‘n klagte van verberging van geboorte saam met die gesondheidsdepartement reageer. ‘n Wenk is deur die departement ontvang van die geboorte van ‘n drieling wat nie by die departement van binnelandse sake geregistreer is nie.

Die voorlopige ondersoek dui aan die ma (32) het geboorte gegee en met die hulp van haar ma die stilgebore baba en twee dae later nog ‘n baba in vlak grafte begrawe. Misdaadtoneeldeskundiges het op 16 Maart die toneel besoek en die babas se liggame opgegrawe, waarna dit na die staatslykshuis geneem is. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die babas se dood vasstel.

‘n Babadogter wat oorleef het, en die ma, is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Die ouma is op beweerde aanklagte van regsverydeling in hegtenis geneem. Die ma wat aan ‘n drieling geboorte geskenk het, sal ook deur klagtes van verberging van geboorte en regsverydeling in die gesig gestaar word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief