Onbekende man sterf toe voertuig hom tref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Onbekende man het op Sondag 24 September 2023 omstreeks 19:30 gesterf nadat hy op die Swartmodderpad in die Upington- industriële gebied deur ‘n voertuig gestamp is. Die polisie vra die publiek se hulp om die man te identifiseer.

Sers. Omphile Masegela sê die onbekende man het op die toneel gesterf.

Die oorledene, vermoedelik tussen sy laat 20’s en vroeë 30’s, kon nie deur forensiese patoloë geïdentifiseer word nie en sy liggaam is sedert sy afsterwe in die Upington-lykshuis. Hy was geklee in ‘n swart denimbroek, swart trui en swart stewels.

Enigiemand wat hulp kan aanbied om sy familie op te spoor, kan speur.sers. Vuyani Silingile by 054 337 3435 of 082 495 4615 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief