BETHANIE, NOORDWES. – ’n Wyfie-uil is onlangs uit ’n waterpomp naby Bethanie gered.
Die Owl Rescue Centre het ’n video daarvan op hulle Facebook-blad geplaas. Een van die lede van dié nie-winsgewende organisasie het haar gered.
Sosialemediagebruikers was verbaas oor hoe gemaklik hy haar kon red. In die video praat hy met die uil en maak ’n grappie dat sy seker nie self sal uitvlieg nie.
Hy klim dan self in en haal haar uit. Buite ondersoek hy haar eers om vas te stel of sy nie beserings het nie. Die ingang van die waterpomparea is toegemaak sodat ander diere nie daar kan vassit nie.
Die uil is weer in haar natuurlike habitat vrygelaat.
Kyk die video hier.
Bronne: Owl Rescue Centre, Facebook





