Peet Viljoen, eienaar van Tammy Taylor Nails, het die nuus bekend gemaak van sy vrou Mel wat tans besig is met opnames vir die werklikheidsprogram Real Housewives in Hollywood.
Hy het die nuus eksklusief op RSG se Op en wakker-program gedeel.
In ’n video wat hy gedeel het, vertel hy van die werklikhede rondom sulke reekse. Mel het bekendheid verwerf toe sy in die Real Housewives of Pretoria verskyn het.
Volgens Peet moet elke deelnemer verantwoordbaar gehou kan word vir dit wat hy of sy in die program kwytraak. Hy meen egter die produksiespanne hou daarvan om konflik aan te hits.
Kyk na sy video hier.
Luister hier na die volledige potgooi waarin hy meer daaroor vertel
Bron: RSG, Instagram




