MELBOURNE, AUSTRALIË. – Model en oud-Mejuffrou SA, Cindy Nell-Roberts, het onlangs meer nuus oor haar gesin se verhuising na Melbourne, Australië gedeel.
Alhoewel hulle tydens skoolvakansies en vir hulle besigheidsprojekte weer na SA sal terugkeer, sal hulle vir eers in Melbourne bly. Sy het ook aangekondig hulle gaan die Essence- en Catrice-grimeerreekse aan die Australiese handelsmark verskaf.
Volgens Cindy is hulle dankbaar dat hulle deur hulle internasionale besigheidsbelange tot werkskepping in SA kan bydra.
Sy en haar man, Clive, het onlangs hulle vyftiende huweliksherdenking gevier. In ’n ander plasing vertel sy alhoewel die aanpassing in Australië nie altyd maklik is nie, die seebries haar aan Kaapstad herinner.
Bronne: Cindy Nell Roberts Facebook-blad




