Polisieministerie oor ondervraging van polisie ná Zuma-ongeluk

Lees ook :

Fotokrediet: Op lêer

Die polisieministerie sê eise van die UMkhonto We Sizwe-party om die polisieminister na die ongeluk van Jacob Zuma se ongeluk te wil ondervra, is roekeloos en buite orde.

Lirandzu Themba, woordvoerder vir die polisieminister, sê die minister neem kennis van die eise van Nhlamulo Ndlela, woordvoerder van die party, om oor veiligheidsbesonderhede te vra. Dit volg nadat ‘n voertuig met die voormalige president se gepantserde staatsvoertuig gebots het.

Soos voorheen berig, is die beweerde dronkbestuurder (51) in hegtenis geneem. Themba bevestig die persoon se bloed is getrek en die ondersoek duur voort.

Themba sê na ‘n inligtingsessie van die polisiebestuur met die ministerie is daar tevredenheid by die polisieminister oor Zuma se veiligheid wat voldoende en op gelyke voet met voormalige hoofde van die staat is.

“The Ministry and the SAPS will not be divulging any security details of any current or former head of state of the republic of South Africa.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief