NOORD-KAAP. – Vyf mans het Saterdagmiddag omstreeks 17:45 in ‘n ongeluk reg van voor, op die N14 naby Keimoes gesterf.
Lt.kol. Sergio Kock sê ‘n VW Tiguan met vier Suid-Koreaanse insittendes het van Kakamas na Upington reg van voor met ‘n VW Polo, ook met vier insittendes, gebots. Een insittende van die Tiguan het gesterf terwyl al die insittendes van die Polo omgekom het. Die ander dier insittendes van die Tiguan is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek ‘n strafbare manslagsaak.





