JOHANNESBURG, GAUTENG. – ’n Video van twee volgelaaide trollies wat op die R25 naby Johannesburg “ry”, sorg vir groot vermaak onder sosialemediagebruikers.
In die video kan gesien word hoe twee oorlaaide trollies saam met voertuie op die pad ry. Die agterste trollie se spoed haal hom egter in en hy bots teen die voorste trollie.
Eers wanneer die persoon wat die video neem verby die trollies gaan, word die twee sogenaamde bestuurders gesien.
Dit is nie duidelik wanneer die video geneem is nie.
David Volschenk het die video op TikTok geplaas:
Ja ne !!! if the waste trolly don’t indicate left turn!! will the driver be issued a traffic ticket?????? pic.twitter.com/VEpigw0aDZ
— 🤖 (@NeilZ4EVA1234U) April 2, 2024
Bronne: Twitter, TikTok





