Weeklikse Woensdag-resep: Sinkplaataartappels

Lees ook :

Illustrasie Canva en Marinda kook

Is jy op soek na idees vir bykosse? Hierdie resep vir heerlike aartappels sal saam met amper enige dis werk.

BESTANDDELE:

800 g baba-aartappels, afgespoel
80 ml geurige knoffelbotter
4 sprietuie fyngekerf met groen stingel en al
15 ml repies suurlemoenskil
45 ml suurlemoensap
sout en peper
2 – 3 wiele fetakaas, in 2 cm blokke gesny of gebreek

METODE:

1. Kook die aartappels in ‘n kastrol met soutwater tot sag. Dreineer en sit terug in kastrol.
2. Voeg die knoffelbotter en sprietuie by en laat die botter smelt. Braai tot die sprietuie effens glaserig raak.
3. Voeg die suurlemoenrepies en -sap by en breek dan die aartappels grofweg met die vurk.
4. Geur na smaak en roer die feta liggies deur. Skep in ’n mooi bak en bedien.

Besoek Marinda Kook se webtuiste vir meer sulke resepte.

Bron: Marinda Kook  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief