KYK: Nege verdagtes deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Kol. Robert Netshiunda

KWAZULU-NATAL. – Nege verdagtes is vanoggend vroeg tydens ‘n skietery met polisie in Desai, Mariannhill doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die provinsiale stabiliseringseenheid het ‘n operasie geloods na inligting ontvang is dat ‘n groep van elf verdagtes die inwoners van Mariannhill en omliggende areas terroriseer. Die verdagtes is onder andere vir ‘n beweerde bendeverkragting van ‘n meisie tydens ‘n huisroof gesoek. Haar ma was glo forseer om toe te kyk.

Die polisielede is in ‘n lokval gelei en het aan die verkeerde huis se deur geklop, maar het takties opgetree en die situasie in hulle guns gedraai. Geen polisiebeampte is tydens die skietery beseer nie.

Netshiunda sê die polisie het die verdagtes vir ernstige en gewelddadige misdaad gesoek. Die verdagtes was glo van plan om ‘n persoon te skiet.

Drie vuurwapens is in die verdagtes se besit gevind. Die soektog na nog twee verdagtes duur voort.

“Although the police were ambushed when they erroneously knocked at the wrong house, the tactically astute officers managed to retaliate and neutralized the threat with none of them suffering any injuries.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief