KAAPSTAD, WES-KAAP. – ’n Vrou (50) is Maandag met ’n helikopter gered nadat sy sowat 15 m op ’n staproete tussen India-venster en Platteklipkloof op Tafelberg geval het.
Volgens Wilderness Search and Rescue het die vrou saam met haar familie gestap toe sy skeefgetrap en geval het. Haar familie het dadelik die nooddienste ontbied.
Sy is op die toneel behandel en op ’n draagbaar tot in die helikopter gelig. Daarna is sy na ’n hospitaal vir verdere mediese behandeling geneem.
Bronne: Wilderness Search and Rescue, Facebook





