Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nou die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het bedank en haar aan die polisie oorhandig.
Die NVG het bevestig Nqakula sal in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Mapisa-Nqakula word deur klagtes van korrupsie in die gesig gestaar. Sy het sonder sukses probeer om inhegtenisneming deur middel van ‘n hofinterdik te keer.
Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy destyds as minister van verdediging omkoopgeld van ‘n kontrakteur ontvang het.
Nzakula se bedanking is verwelkom, alhoewel sy volhou sy is onskuldig.
Chriselda Zozi Lewis van SABC News het vanoggend op X gesê dit blyk dat die speaker haarself vanoggend aan die owerhede gaan oorgee. eNCA berig Nqakula het by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion aangekom.
BREAKING
— Chriselda Zozi Lewis (Babes Wendaba) (@Chriseldalewis) April 4, 2024
[WATCH]#NosiviweMapisaNqakula
What looks to be the convoy transporting the former National Assembly Speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula has just left her home in Johannesburg to as we believe hand herself over to authorities over corruption allegations.
The men in the… pic.twitter.com/S9HCTeFyjJ
Bronne: Luister FM, Chriselda Zozi Lewis eNCA en Central News





