Lees ook: DA doen aansoek om ANC van minagting van die hof aan te kla
JOHANNESBURG. – Die DA het hulle saak oor minagting van die hof teen die ANC en die sekretaris-generaal Fikile Mbalula gewen.
Dit volg na die DA na die Johannesburgse hooggeregshof gegaan het na hulle gesê het die ANC weerhou hulle kaderontplooiingsrekords van die party.
Die hof het bevind die ANC minag die hofbevel en het hulle 14 dae gegee om die volledige rekords aan die DA te oorhandig. Hulle is ook beveel om die DA se kostes vir die hofsaak te betaal.
Die DA het die hof se besluit verwelkom.
Bronne: EWN, SABC, IOL
Lees ook: DA doen aansoek om ANC van minagting van die hof aan te kla
