Brekende Nuus
Afrikaans

Prasa stel nog treinroetes in werking

Prasa het nog vyf treinroetes landswyd in werking gestel, wat die totaal op 31 spoorlyne gedeeltelik in werking bring.

Foto: PRASA
Foto: PRASA

Prasa het aangekondig die agentskap het einde Maart nog vyf treinroetes van Metrorail in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap in werking gestel.

Die agentskap sê 31 uit 40 spoorlyne is nou in gedeeltelike gebruik en daar word gewerk om volle gebruik terug te bring.

Treine kan nou vanaf Kaapstad na Stellenbosch, Merebank na Chatsglen, Johannesburg na Florida, Johannesburg na Nacefield en Germiston na Elsburg gebruik word.

Daar word tans aan roetes vir Phillippi na Nolungile en Chris Hani gewerk.

Lees die volledige verklaring van PRASA hier onder: