Beweerde beplande roof in Umhlanga gefnuik

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Polisielede van Durban-Noord het Dinsdagaand verdagtes in hegtenis geneem en sodoende ‘n beweerde beplande sakeroof in Umhlanga gefnuik.

Kapt. Carmen Rhynes sê inligting is ontvang van ‘n gesoekte verdagte wat na bewering ‘n wit Toyota Hilux-bakkie ry. Nog ‘n verdagte in ‘n silwerkleurige Hyundai i20 het saam met hom beweeg. Hulle het glo beplan om ‘n sakeroof in Umhlanga te pleeg. Drie verdagtes tussen die ouderdom van 32 en 39 is later die aand in hegtenis geneem.

Rhynes sê twee vuurwapens is by die verdagtes gevind. Die een se reeksnommer is afgevyl, terwyl die ander vuurwapen met ‘n saak in Brighton Beach verbind is. Beide wapens sal ballisties getoets word om vas te stel of dit in ander misdade gebruik was. Die Hyundai, met vals nommerplate, is met ‘n kapingsaak in Pinetown verbind, terwyl die Toyota, ook met vals nommerplate, se eienaarskap nog nie vasgestel nie.

Die verdagtes is van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, sowel as die besit van gesteelde eiendom, aangekla. Een is ook vir poging tot ‘n transitoroof aangekla. Hulle het Woensdag in die Durban-landdroshof verskyn.

“I thank our members and security partners who acted swiftly after receiving the information and intercepting the suspects before they could commit a crime and possibly hurt or kill innocent people. I also thank the law-abiding community of Durban who continue to alert the police about criminal activities that are about to take place in our district. Working together, we will squeeze out the criminals in Durban,” sê genl.maj. Makhosazana Victoria Kheswa, die distriksbevelvoerder, wat lede vir die inhegtenisneming geprys het.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief