Leeuteel vir jagdoeleindes sal in SA opgeskort word

Lees ook :

Leeus broei vir jagdoeleindes sal opgeskort word in Suid-Afrika
Leeus broei vir jagdoeleindes sal opgeskort word in Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: Botswana dreig om 20 000 olifante na Duitsland te stuur

Die regering het die week planne aangekondig om die teel van leeus vir jagdoeleindes op te skort.

‘n Paneel werk nou al van 2021 aan planne om die teel van leeus vir jagdoeleindes teen 2026 verban te hê. Dit volg na verskeie bewaring- en diereregtegroepe teen trofeejag begin beswaar maak het.

Die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Barbara Creecy, het gesê die paneel het bevind die geblikteleeubedryf moet gesluit word. Telers sal twee jaar hê om vrywillig aan die sektor te onttrek en hulle sakemodel te verander voor die praktyk verban word.

Die voorstel is verlede week deur die regering goedgekeur, maar is nog nie in ‘n wet omskryf nie.

Bronne: eNCA, Politicsweb, SA People

Lees ook: Botswana dreig om 20 000 olifante na Duitsland te stuur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief