NOORD-KAAP. – Kakamas-polisie het Maandag op onwettige sigarette van ongeveer R8.4 m. beslag gelê.
Sers. Timothy Sam sê ‘n verdagte vragmotor is tydens roetinepatrollie by ‘n vulstasie opgemerk. Toestemming is verkry om dit te deursoek, waarna kartonne Sahwai- en Chief-sigarette saam met die vragmotor gekonfiskeer is.
‘n Navraagdossier is geopen en die bestuurder van die vragmotor is met ‘n keennisgewing bedien om die dokumentasie vir aankoop van die sigarette te voorsien.
Sam versoek die publiek om enige handeldryf wat teenstrydig met die Doeane- en Aksynswet is, te rapporteer.





