NOORD-KAAP. – Riaan Harmse (41), ‘n motorwerktuigkundige van Kuruman, is vir diefstal van ‘n motorvoertuig op 3 April deur die Mothibistad-streekshof tot 10 jaar tronkstraf, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.
Lt.kol. Sergio Kock sê die klaer in die saak het sy wit Toyota Venture op 2 Februarie 2016 vir herstel by Harmse gelos. Nadat ‘n betaling vir dienste reeds oorhandig is, het Harmse met die klaer se voertuig verdwyn. Die verdagte is op 26 Februarie 2018 in Pretoria in hegtenis geneem. Die voertuig is egter steeds soek.
Speur.sers. Shadrack Sebolai is vir sy suksesvolle ondersoek en die vonnisoplegging in die saak geprys.





