‘Onwettige myners’ vasgetrek, ses gewond

Lees ook :

Foto's: EMPD

GAUTENG. – Altesaam sewe vermeende onwettige myners is Dinsdag in Primrose deur Ekurhuleni-metrobeamptes in hegtenis geneem na ‘n skietery waartydens ses gewond is.

Lt.kol. Kelebogile Thepa, woordvoerder vir die EMPD, sê hulle het Dinsdag saam met die SAPD ‘n operasie geloods om onwettige mynery aan te spreek.

Ten tyde van die operasie het wetstoepassers op die hoek van Main Reef- en Johann Rissikstraat opgedaag. Nadat verdagtes hulle opgemerk het, is daar glo op die lede geskiet, wat teruggeskiet het. Ses van die verdagtes is gewond en hulle is ontwapen. Die ses beseerde verdagtes, tussen die ouderdom van 27 en 33 jaar, is vir mediese hulp na die naaste hospitaal vervoer. ‘n Verdagte wat glo probeer vlug het, is in hegtenis geneem.

Wetstoepassers het op ‘n bruin dubbelloop-haelgeweer met sy reeksnommer, ‘n swart 12-boor haelgeweer met sy reeksnommer, ‘n swart Taurus 9 mm-handwapen met ‘n afgevylde reeksnommer en ‘n onbekende aantal lewendige ammunisie, beslag gelê.

Die sewe verdagtes word deur aanklagte van poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in die gesig gestaar.

Die verdagtes sal na verwagting in die Germiston-landdroshof verskyn.

#EMPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief