Bewaringsbevel vir Ponzi-skema Piggy Farm Trading uitgereik

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die batebeslagleggingseenheid van die NVG het Maandag ‘n bewaringsbevel vir meer as R4.3 m. vir Piggy Farm Trading, wat as ‘n Ponzi-skema beskryf word, in die hooggeregshof in Pretoria verseker.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die eenheid het ‘n bevel om ‘n bankrekening wat aan die skema behoort, te vries.

Die skema behels dat individue 50 “virtuele varke” teen R2 750 per vark in ‘n digitale “metaverse piggy farm” te koop. Omdat dit ‘n virtuele vark is, hou die belegging glo geen risiko vir die belegger in nie. Indien die vark doodgaan, word hy eenvoudig vervang.

Mahanjana sê in ruil vir die belegging word die belegger R550 per maand vir 12 maande betaal en na hierdie 12 maande word die vark aan Piggy Farm Trading terugbesorg.

Die nasionale verbruikerskommissie het na klagtes van beleggers ‘n ondersoek na Piggy Farm Trading, geloods. Die ondersoek het bevind ‘n effektiewe rentekoers van 140 % is aangebied, wat die repokoers met 20 % oorskry het.

“This is a contravention of the National Consumer Protection Act.”

Die hele skema is verder as bedrieglik bevind.

“The name and /or location of the so-called farm is never revealed on the website of Piggy Farm Trading or any of the social platforms where they advertised the scheme.”

Mahanjana sê met verwysing na ‘n adres in Durban en verskillende takke is dit heel waarskynlik dat ‘n plaas en varke nie bestaan nie. Die geld wat met beleggings ontvang is, stel egter ‘n grootskaalse boerdery voor.

“The business account of Piggy Farm Trading held over R16 million as recently as February 2024.”

Volgens die batebeslagleggingseenheid is die skema aan die gang gehou deur inkomende beleggers met vorige beleggers se geld te betaal. Die handelswyse dui op ‘n Ponzi-skema waar beleggers geld verloor.

Martin Mafojanem, streekshoof van die batebeslagleggingseenheid, het die bevel verwelkom en die publiek teen skemas van dié soort gewaarsku. Beleggers wat betrokke is, word aangemoedig om kriminele sake oop te maak.

“The preservation order was granted pursuant to the implementation of Chapter 6 of POCA, which is a non-conviction-based approach to asset recovery. This means that the AFU will not always wait for a prosecution and conviction to occur before taking away suspected proceeds of crime, as is the case with the traditional approach of Chapter 5 of the Act.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief