Voornemende betreder deur kleuters se gille afgeskrik

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Ongeveer 30 kinders by ‘n kleuterskool in Redcliffe se gille het vermoedelik Dinsdagmiddag ‘n misdaad voorkom. ‘n Voornemende betreder met ‘n masker is glo deur hulle reaksie verjaag.

Reaction Unit South Africa sê dit wil voorkom asof ‘n betreder omstreeks 16:00 toegang tot ‘n bejaarde vrou se huis probeer kry het. Die kleuterskoolkinders het vermoedelik die man, wat glo uit digte bosse gekruip het, gewaar.

Die kinders het geskree en sodoende hulle versorgers gewaarsku, wat op hulle beurt ook die beweerde oortreder gesien het. Terwyl die kinders bly skree het, is oproepe vir hulp na Rusa gemaak. Die verdagte het naderhand glo onverrigter sake gevlug, sonder dat hy toegang tot die bejaarde se huis kon verkry.

Reaksiebeamptes het die bosse vir die verdagte gefynkam. Niemand is opgespoor, of in hegtenis geneem nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief