NOORD-KAAP. – Obakeng Kopeledi (43) is Maandag deur die Mothibistad-streekshof lewenslange tronkstraf vir die verkragting van ‘n meisie (11 ten tyde van die misdaad) opgelê.
Sers. Timothy Sam sê die slagoffer en haar broer het op 5 Desember 2015 by die beskuldigde se huis films gekyk. Die broer is deur die beskuldigde winkel toe gestuur, waarna die kind verskeie kere verkrag is.
Die slagoffer het haar sussie van die voorval vertel, waarna haar sussie dit by die polisie aangemeld het.
Kopeledi se naam word ook in die nasionale register vir seksuele misdadigers aangeteken. Hy is verder onbevoeg verklaar om met kinders te werk en om ‘n vuurwapen te besit.
Lt.genl. Koliswa Otola het speur.konst. Lorato Badukane van Kuruman GKS-eenheid vir die suksesvolle afhandeling van die saak en vonnisoplegging geprys.





