Sersant in hof oor vriend se moorddossier

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Sers. Ina van der Westhuizen (43) van Hartbeesfontein-polisiestasie het Dinsdag op aanklagte van diefstal en regsverydeling in die hof verskyn nadat ‘n vriend se dossier glo in ‘n sak gevind is. Van der Westhuizen is op borg vrygelaat.

Brig. Sabata Mokgwabone sê Van der Westhuizen het glo ‘n moorddossier waarin ‘n goeie vriend aangekla is, probeer steel. Die saak wat in Hartbeesfontein-periodieke hof verskyn het, is tot 28 Mei uitgestel.

Na bewering is ‘n voormalige reservis op 4 April deur die beskuldigde na die polisiestasie ontbied. Die voormalige reservis moes ‘n sak van die speurtakkantoor verwyder wat glo later deur die beskuldigde gekry sou word. Die sak mag glo nie oopgemaak gewees het nie, maar die voormalige reservis het die sak wel oopgemaak en ‘n moorddossier binne-in gevind.

Op 5 April het die voormalige reservis die voorval aan die speurtak-bevelvoerder rapporteer, waarna dit aan die provinsiale teen-korrupsie-eenheid rapporteer is. Die sersant is op 9 April in hegtenis geneem.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale kommissaris, het die inhegtenisneming verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief