KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (51) is vanoggend dood in haar slaapkamer in haar huis in Marula-sirkel in Trenance Park ontdek.
Reaction Unit South Africa is omstreeks 09:30 na die toneel ontbied. Met aankoms is die vrou met ‘n enkele skietwond aan haar kop op die bed aangetref. ‘n 9 mm-pistool was langs haar liggaam.
Die vrou is dood verklaar.
Omstandighede van haar dood is onbekend.





