KWAZULU-NATAL. – Altesaam 11 persone is vroeër vandag op die R614 in ‘n botsing reg van voor beseer.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search & Rescue sê van hulle personeel is na die ongelukstoneel.
Twee persone is kritiek beseer en is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer.
Nog nege persone het geringe tot matige beserings opgedoen.
Al die beseerdes is vir verdere behandeling na verskeie hospitale vervoer.





