Suid-Afrika gaan na WHO oor EU-regulasies vir sitrus

Lees ook :

Suid-Afrika gaan na WHO oor EU-regulasies vir sitrus
Suid-Afrika gaan na WHO oor EU-regulasies vir sitrus fotokrediet: Canva

Lees ook: Inflasie minder in Maart as FebruarieD

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en die departement van handel, nywerheid en mededinging het aangekondig SA is na die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) oor die Europese Unie se regulasies wat op Suid-Afrika se sitrusprodukte ingestel is.

Regulasies is ingestel teen sitrusswartvlek, ‘n swaminfeksie wat swart vlekke op die vrug veroorsaak. Die swaminfeksie kan nie deur die vrug self versprei nie, maar die EU het steeds beperkende regulasies teen sitruskwekers ingestel.

Pakhuise en oorde sukkel met die regulasies oor die kostes daarvan. SA het ‘n dispuut teen die Europese Unie (EU) by die WHO verklaar om die mense wat in die industrie werk te beskerm. Die minister van landbou het gese die industrie kan nie die byna R2 miljard bekostig wat nodig is om te voldoen aan die regulasies nie.

Die departement wil ‘n oplossing vind, want die Europese mark is belangrik vir die sitrusindustrie.

Bronne: SA Regering

Lees ook: Inflasie minder in Maart as Februarie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief