Ondersoek ná video van motorfietsongelukstoneel versprei word

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die polisiebestuur in die Wes-Kaap het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat ‘n video van ‘n gru-motorfietsongelukstoneel, waar ‘n man (41) op 19 April gesterf het, versprei word.

Sers. Christopher Spies sê die ongeluk was net voordat jy George binnegaan. Die publiek word versoek om nie die video te versprei nie. Die familie van die oorledene wat rou, moet gerespekteer word.

Nuusflits het die video van die toneel, wat oor ‘n wye gebied strek, gesien. Liggaamsdele is op verskeie plekke van die pad af in die bosse, bo-oor die padreling, afgeneem. Die motorfietswrak lê ‘n hele ent verder op die teerpad. Kinders is op die toneel teenwoordig.

‘n Interne ondersoek deur ‘n senior offisier van die Tuinroete-distrik sal vasstel of die video deur ‘n polisielid geneem is. Indien wel, sal stappe geneem word.

“Western Cape police management consider this matter as serious and condemns the circulation of the video. The necessary steps will be taken if found that police officials are involved.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief