KWAZULU-NATAL. – Kuhlekonke Richman Mkize (40) is ‘n mediese dokter wat deur die streekhof in Durban beveel is om meer as R2 m. aan die SAID terug te betaal na ‘n skuldigbevinding aan belastingbedrog.
Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê Mkhize het skuldig gepleit op vyf aanklgte van persoonlike-inkomstebelasting-bedrog oor ‘n periode van 2015 tot 2018. Hy is tot agt jaar tronkstraf, in geheel opgeskort vir ‘n perode van vyf jaar, gevonnis.
Sy vonnisoplegging is op voorwaarde dat hy die SAID moet terugbetaal met ‘n voorafbetaling van R300 000 waarvan hy voor 7 Mei R150 000, voor 15 Junie R75 000 en voor 19 Julie R75 000 moet betaal. Daarna sal hy die oorblewende bedrag van R1.7 m. in paaiemente van R50 000 voor 25 Augustus en op die datum elke maand tot en met Julie 2027 betaal.
Ramkisson-Kara sê die Doctors Care Centre was gevonnis om ‘n boete van R150 000, wat in geheel vir twee jaar opgeskort is, te betaal.
“This matter was successfully prosecuted by Advocate Sipho Nhlapho, from the NPA’s Specialised Tax Unit, and the Section 18 confiscation order for the R300 000 was obtained by Senior State Advocate Rajendrie Naidoo, from the Asset Forfeiture Unit.”
Die NVG verwelkom die vonnis.





