Twee vroue in minibustaxi sterf tydens botsing

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Twee vroue is vanoggend in ‘n minibustaxi-ongeluk met ‘n Ford Everest in Ou Hoofweg in Ottawa oorlede. Nog insittendes is beseer.

Reaction Unit South Africa sê verskeie oproepe vir hulp is van verbygaande motoriste ontvang.

Reaksiebeamptes het omstreeks 08:20 op die toneel aangekom. Die twee vroue se liggame was binne die voertuig. Altesaam 15 ander insittendes van die minibustaxi, ook die bestuurder van die ander voertuig, het op die kante van die pad gelê. Een van die beseerde vroue is ses maande swanger.

Die Ford Everest was ongeveer 70 meter van die toneel af. Die bestuurder was alleen in die voertuig en kon daarin slaag om homself te bevry.

‘n Passasier het die reaksiebeamptes meegedeel die taxibestuurder het ‘n voertuig verbygesteek toe hy teen die aankomende Ford Everest gebots het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief