Lewenslank vir man wat meisie 19 keer met messe steek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Esethu Cawe (26) is lewenslank tronk toe gestuur nadat hy sy meisie, Relebohile Ncephe, op 22 Augustus 2022 met twee messe, 19 keer voor haar dogter (4), gesteek het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Cawe is skuldig bevind aan moord en omdat hy ‘n beskermingsbevel wat op 26 Julie 2022 teen hom uitgereik is, oortree het. Die beskermingsbevel het hom verbied om Ncephe aan te rand, te dreig, haar verbaal te mishandel en haar adres te Govan Mbekistraat in Khayelitsha, Clanwilliam binne te gaan, eiendom sonder haar toestemming te verwyder en ook om eiendom te beskadig.

Buiten die lewenslange vonnis vir moord, is hy vier jaar direkte tronkstraf gevonnis omdat hy die beskermingsbevel verontagsaam het. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word en hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die staat het ‘n pleit-en-vonnis-ooreenkoms vir 18 jaar tronkstraf wat deur die beskuldigde en sy regspan voorgestel is, van die hand gewys. Dit is verwerp op grond van die erns van die saak en die minderjarige dogter se trauma. Die egpaar het saamgebly en toe huishoudelike geweld begin het, het die oorledene na haar suster se huis getrek en ‘n beskermingsbevel verkry.

Op die betrokke dag het Cawe die oorledene aanhoudend gebel, waarna sy ingestem het om hom in haar suster se teenwoordigheid te ontmoet. Die minderjarige dogter was ook by. Hulle het ‘n privaat gesprek gehad waarna die suster hulle verlaat het. Cawe het haar oor die vorige naweek uitgevra en kwaad geword toe hy nie antwoorde kry nie. Hy het ‘n mes gegryp en haar gesteek totdat dit gebreek het, waarna hy ‘n tweede mes gegryp en haar verder gesteek het, totdat dit ook gebreek het. Die mes is tydens die nadoodse ondersoek verwyder.

Tydens die messtekery het die kleuterdogter geskree en na buite gehardloop.

Vier dae voor die misdaad is die beskermingsbevel uitgebrei en sou op 8 September 2022 deur die hof bekragtig word.

Cawe het toe hy pleit, erken die beskermingsbevel was steeds geldig toe hy die huis betree en die moord gepleeg het. Mark Taylor, die streekhofaanklaer, het moord as ‘n “plaag” in die Clanwilliam- en Cederberg-samelewing bestempel. Taylor het dienooreenkomstig vir ‘n gepaste vonnis gevra.

“The convictions related to cold-blooded, callous, and heinous conduct on the part of the accused. It displayed an absolute flagrant disregard for the sanctity of human life and complete disrespect for the law and this court. His conduct involved a wanton disregard for the victim and a single-minded resolve on his part to commit the crimes. The conclusion is fortified by the fact that he set upon the deceased in a vicious, brutal, and unrelenting manner.”

Die hof het met vonnisoplegging saamgestem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief