Brand ontstaan by Louis Botha-kinderhuis

Lees ook :

Foto: Louis Botha Kinderhuis

GAUTENG. – Huis 11 van die Louis Botha-kinderhuis in Queenswood in Pretoria het gister aan die brand geraak.

Altesaam 12 seuns en drie volwassenes wat in die huis tuis is, het beddens, beddegoed, skoolklere en persoonlike besittings verloor toe die brand uitbreek. Die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar die huis se boonste vloer en struktuur het skade opgedoen.

Niemand is tydens die brand beseer nie.

Toe die kinderhuis op sosiale media bekend maak hulle het kos vir vandag nodig, het die gemeenskap in die Moot van Pretoria hulle harte oopgemaak en geskenk.

“Louis Botha Kinderhuis is in need of a few things due to a fire breakout. The need is urgent. Rooms were destroyed in the fire, everything burnt down. Childrens’ beds, clothes, everything. They will also be unable to sleep in the burned down rooms.”

Die kinderhuis het sy dank uitgespreek vir hulp wat tydens en na die brand gegee is. Die kinders het ook berading ontvang.

Jakaranda-kinderhuis staan Louis Botha-kinderhuis by sover as wat moontlik is, maar dringende hulp is nodig om te herbou sodat die huis weer ‘n veilige hawe vir die kinders kan wees.

Die kinderhuisbestuur sê dankie vir donasies van komberse, kos en geld wat tot dusver ontvang is.

https://www.backabuddy.co.za/campaign/louis-botha-kinderhuis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief